Die departement van basiese onderwys het vanoggend (19 Mei) tydens ‘n virtuele vergadering aangekondig dat alle skolesport regoor Suid-Afrika onmiddellik gestaak is.
Dit weens die stygende Covid-19 gevalle veral by skolesport die afgelope maand, veral in die Gauteng-area. Sodoende sal alle wintersporte soos rugby, netbal en hokkie nie kan plaasvind nie.
Dit sit die beplande Gimmie-Volkie sportwedstryde op 28-29 Mei sou plaasvind, ook vir eers op ys. Spelers sal wel steeds kan oefen mits dit ‘n nie-kontak oefening is.
Die verklaring lui dat kontaksport steeds tot die stygende Covid-19 gevalle lei al is daar sekere protokolle in plek.
“Alle sportaktwiteite is onmiddellik gestaak totdat die nuutste golf verby is en geen verdere gevalle aangemeld word nie, ook op laerskoolvlak,” lui die verklaring.




