SportSport

Potch Dorp haal die wind uit Hurricanes se seile met 50-5 stormloop

Potch Dorp het sewe drieë gedruk en hulle stempel op die liga afgedruk.

Potchefstroom Dorp Rugbyklub se eerste span get die afgelope Saterdag hulle beste vorm in vanjaar se Neserliga ten toon gestel toe hulle die Stilfontein Hurricanes met 50-5 weggeblaas het. Dit was eenrigtingverkeer vir meeste van die stryd met die Hurricanes wat gesukkel het om Potch Dorp in toom te hou.

Kyk die foto’s van die wedstryd hier:

Potch Dorp het sewe drieë gedruk en hulle stempel op die liga afgedruk. Daar was ook ‘n strafdrie teen Stilfontein. Met hierdie vertoning het Dorp beslis bewys dat hulle sterk aanspraakmakers vir die titel is.

Die vleuel Victer Vlok het twee drieë gedruk, met buitesenter, Lincoln Baadjies, skrumskakel, Danie van der Merwe losskakel Luan Murray, agtsteman, Marcel Burger, en Nico Maartens wat elkeen ook 5 punte aangeteken het.

Murray was ook voortreflik met sy skopvoet met vier doelskoppe en goeie beheer van sy agterlyn met flink taktiese spel uit , die hand en van sy voet af. Vlok het die drie van die wedstryd gedruk toe hy ‘n tikskoppie opgeraap het en onder die pale gaan kuier het, wat sy spoed en vaart bewys het.

Van der Merwe was ook net so kopseer vir die Hurricanes met sy vlugvoetigheid en skerp sin vir ‘n gaping. Voorlangs was die slot Standley Jacobs en die flank, KG Mathe ook op hulle stukke.

Die Hurricanes was halftyd alreeds 26-0 agter en het ook ‘n paar spelers weens beserings verloor, die ergste toe een van die spelers sy been gebreek het.

Na haltyd het Tiaan van Aswegen vir Stilfontein gaan druk, maar dit was die enigste geluk vir die Canes wat nie ‘n antwoord vir Dorp se eie stormagtige aanval gehad het nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button