Potchefstroom Gimnasium se perderuiters het weer die afgelope naweek tydens die Noordwes SAWMGA Western Mountain Mounted Games puik presteer.
Danielle Otto, Ruan du Plessis en Bernice Blaeser het in hulle onderskeie kategorieë top prestasies behaal.
Bernice Blaeser, vlak 2-ruiter, behaal ‘n sesde plek. Ruan du Plessis, vlak 1-ruiter, behaal ‘n tiende plek. Hy kwalifiseer ook nou om in vlak 2 te ry. Danielle Otto, vlak 2-ruiter, behaal ‘n derde plek.
Foto’s: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






