SportSport

Mari-Louise speel kookwater tennis in Kenia

In die eerste rondte het sy vir Kudzai Chapepa (Zimbabwe) met 6-1 6-1 gemaklik geklop, voordat sy die eerste gekeurde Abhilasha Bista (Nepal) met 6-2 6-1 verslaan het.

Die jong Potchefstroomse tennisspeler, Mari-Louise van Zyl, het die afgelope maand haar talent in Nairobi, Kenia gewys toe sy die halfeindrondtes van die ITF Nairobi Junior Ope behaal het.

Hierdie toernooi wat vanaf 5-9 Julie plaasgevind het, is deel van die ITF Wêreld Junior Tennistoer waar van die top jong spelers in die wêreld aan deelneem.

Mari-Louise het in die halfeindrondte teen die Amerikaner, Cleo Hutchinson, met 3-6, 1-6 vasgeval. In die vorige rondtes het die Potchefstroom Gimnasium leerder met pragtige tennis haar pad na die top 4 oopgespeel.

Mari-Louise van Zyl (15) het tydens die ITF Tennistoernooi in Kenia fantastiese uitslae behaal. Foto: Verskaf

In die eerste rondte het sy vir Kudzai Chapepa (Zimbabwe) met 6-1 6-1 gemaklik geklop, voordat sy die eerste gekeurde Abhilasha Bista (Nepal) met 6-2 6-1 verslaan het.

Hierdie sege was goed vir die selfvertroue en kwarteindrondte klop sy vir Nicoline Sartz-Lunde van Noorweë met 7-6,6-7, 6-3 in ‘n marathonstryd van drie stelle. Mari-Louise het ook bewys dat sy maklik kon aanpas op die kleibaan – iets wat Suid-Afrikaanse tennisspelers nie aan gewoond is nie.

Mari-Louise is tans 1435ste in die wêreld gekeur en as sy aanhou goeie tennis speel behoort sy vinnig op die ranglys te klim.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button