SportSport

Luiperds vat Grens aan hierdie Saterdag: Luister regstreeks op OFM

Tradisioneel het die Luiperds nog altyd die oorhand teen Grens gehad, veral in die laaste paar jare waar die Luiperds onoorwonne is.

Wat ‘n verskil kan twee weke van positiewe en doelgerigte rugby nie maak nie?

Die Luiperds glimlag nou breed met 21 punte in die sak boaan die Curriebeker Eersteliga na hulle 29-23 oorwinning teen die Boland Kavaliers verlede Saterdag.

Die Luiperds speel komende Saterdag, 31 Julie om 13:00 hulle laaste groepwedstryd teen Grens op Olënpark met die doel om ‘n tuis halfeindstryd en eerste plek te verseker. Die Luiperds speel met hope selfvertroue en veggees, veral wanneer sake moeilik raak.

Dit was duidelik teen Boland toe die Luiperds ondanks ‘n 12 punt agterstand nie hulle koppe laat sak het nie en vir ‘n fantastiese wen deurgedruk het. Drieë van André Fouché, Shirwin Cupido, Lincoln Daniels, Vincent Maruping en kaptein, Danrich Visagie het die grondslag vir die oorwinning gelewer.

Die wedstryd sal vanaf 13:00 regstreeks gevolg kan word op www.ofm.co.za/ofmextra met Pieter Moller en Wouter Pienaar wat die kommentaar sal lewer.

Een aspek wat die Luiperds in ‘n soliede eenheid vanjaar vorm is dat daar nie net een of twee spelers is wat uitblink en die span dra nie, maar dat die hele span hulle hande opsteek.

Hierdie naweek wil die Luiperds dit drie oorwinnings in ‘n ry maak om die momentum voor die halfeindstryde te behou.

Tradisioneel het die Luiperds nog altyd die oorhand teen Grens gehad, veral in die laaste paar jare waar die Luiperds onoorwonne is. Die laaste keer wat die Luiperds teen Grens kragte gemeet het, het die Luiperds met 38-29 feesgevier.

Die 2021 Curriebeker Eersteliga-seisoen het wel al vir ‘n paar opslae gesorg met al die spanne wat op hulle dag ’n haas uit die hoed kan trek. Die Grens Bulhonde het dit verlede naweek gewys toe hulle die Valke met 34-27 in Oos-Londen geklop het.

Nes die Luiperds teen Boland het Grens ook ‘n terugvegpoging ingesit om hulle half-eindstryd kanse aan die gang te hou. Grens is tans in die vyfde plek op die punteleer op 11 punte en ‘n oorwinning teen die Luiperds sal hulle in die vierde plek plaas, mits die Valke teen die OP verloor.

Die Grens het eintlik niks om te verloor hierdie naweek in die laaste groepswedstryd nie en dit maak hulle ‘n moeilike struikelblok.

Die manne van Oos-Londen se staatmaker spelers is hulle linkervleuel, Litha Nkula, sowel as agtsteman, Yamkela Mzozoyana wat teen die Valke twee keer gaan druk het. Die flank, Billy Dutton is nog ‘n man wat sake moeilik vir die Luiperds in die losgemaal kan maak.

Goeie nuus vir die Luiperds is dat Siya Mdaka terug in die beginspan is en van sy besering herstel het. Malembe Mpofu is ook terug op slot en vorm saam Vincent Maruping ‘n gedugte paar. Keagan Fortune en Chuiner van Rooyen is ook op die bank vir ektra veerkrag agterlangs. 

Luiperds se onlangse oorwinnings teen Grens:

2019: 38-29 (Olënpark)
2018: 47-21 (Fanie du Toit Sportgronde)
2017: 36-32 (Oos-Londen)
2016: 26-24 (Olënpark)

Span teen Grens:

1. Komape Moloto
2. Gustav du Rand
3. Ruan Swiegers
4. Malembe Mpofu
5. Vincent Maruping
6. Siya Mdaka
7. Heinz Bertram
8. Andre Fouche
9. Riaan Genis
10. Danrich Visagie
11. Charl Pretorius
12. Tjaart Benade
13. Andries Truter
14. Lincoln Daniels
15. Duren Hoffman
16. Ruan Groenewald
17. Ruben Du Plessis
18. Jp mans
19. Johan Retief
20. Edmund Rheeder
21. Shirwin Cupido
22. Keagan Fortune
23. Chuiner van Rooyen

Regtervleuel, Lincoln Daniels, in volle vaart vir die Luiperds

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button