SportSport

Oud-Volkie rugbyspelers span kragte in Gold Cup

Hierdie drie oud-Volkies draf nou saam uit vir Sishen Rugbyklub in Kathu in die Gold Cup.

Hierdie afgelope Saterdag (26 September) het drie oud-leerders van Hoër Volkskool Potchefstroom saam vir Sishen Rugbyklub van Kathu uitgedraf teen die Northwood Crusaders (Durban) in die Gold Cup.

Berno Brits (matriekklas van 2024) het op flank gespeel, Hancke Brits (2021) op losskakel en Wilbur Kock (2022) op buitesenter. Al drie se rugbypaaie het hul na Kathu gelei.

Sishen het als in hul vermoë gedoen om die wedstryd te wen maar het uiteindelik met 14-15 vasgeval.

Om saam met oud-skoolmaats in ‘n kompetisie soos die Gold Cup te speel, wys hoe skoolrugby ‘n speler se pad kan vorm lank na die laaste skoolklok lui. Vir Berno, Hancke en Wilbur was die naweek ‘n kans om hul klub op die groot klubverhoog in Suid-Afrika te verteenwoordig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button