SportSport

Potch se top rolstoeltennisspeler opgewonde vir sy tweede Paralimpiese Spele

Vir Leon Els is dit ‘n gulde tweede geleentheid om nog beter te doen as in Rio 2016, maar ook ‘n eer en voorreg om weer deel te wees van die Spele.

Die Potchefstroomse rolstoel tennisspeler, Leon Els (33), gaan vir ‘n tweede keer Suid-Afrika by ‘n Paralimpiese Spele verteenwoordig vanjaar wanneer hy teen die wêreld se bestes in Tokio vanaf 24 Augustus tot 5 September gaan deelneem.

Vir Els is dit ‘n gulde tweede geleentheid om nog beter te doen as in Rio 2016, maar ook ‘n eer en voorreg om weer deel te wees van die Spele.

“My doelwit is om die dinge waaraan ons oefen goed toe te pas in die wedstryde, goeie tennis te speel, dit te geniet en ook ‘n medalje te wen natuurlik,” vertel Els.

Hy het in die 2016 Rio Paralimpiese Spele in die eerste rondte teen die Hongaar, Roland Nemeth met 3-6 3-6 verloor. Els voel wel dat hy hierdie keer meer ervaring het as 5 jaar terug.

“Ek voel goed oor my voorbereiding, ek het hard gewerk en is meer volwasse in die sin dat dit my tweede Spele is en weet wat om te verwag. Die enigste uitdaging is dat ek nie voldoende geleentheid gehad het om toernooie oorsee te speel hierdie jaar weens die Covid-19 pandemie nie,” noem hy.

Hierdie kranige tennisspeler gaan aan die enkels en dubbels deelneem in die mans hoofstroom (main) kategorie. “Ons het net twee klasse in rolstoeltennis, quads en main. Dit is taai in vergelyking met ander sportsoorte weens hierdie feit. Ek neem deel aan die mens main draw wat beteken dat daar een ledemaat in jou onderlyf beinvloed moet wees, meestal is amputees en of ‘n swak heup of knieg. Die enigste vereiste is dat jy wel in ‘n tennisstoel moet speel.”

“Dit maak dit moeiliker maar dit sorg ook vir goeie gesonde kompetisie wat dan natuurlik aanskoulike spel lewer. Dit is ook finansieel vatbaar weens groot borge wat betrokke raak wat sorg vir prysgeld ensovoorts,” noem hy.

Els se ervaring en wilskrag om altyd sy beste te gee sal definitief in sy guns tel in Tokio. Verder het hy ook ‘n fantastiese ondersteuningsisteem en ‘n ervare afrigter, met die Potchefstromer, Louis Bartlett, wat Els al ‘n paar jaar onder hande het.

“My vrou, familie, afrigter en Tennis Suid-Afrika met al die borge het almal ‘n groot rol gespeel in waar ek vandag is.”

Els is deel van ‘n groep van 34 SA atlete wat Suid-Afrika in Tokio by die Paralimiese Spele gaan verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button