Potchefstroom Gimnasium se skuts het die afgelope paar maande hulle staal gewys en Noordwes kleure verwerf. Sodoende gaan hulle vanaf 3-18 September aan die SA Kampioenskappe deelneem.
Hulle is:
Dogters: Li-Mei Coetzee, Kaylene du Plessis, Cornalie Herbst, Shani Nel, Maricha Marais en Nadine Nel
Seuns: Philip du Preez, Rohan Taggart, Cobus van Rooyen, Ruhan van der Merwe en Anthony Theunissen.

Die volgende skuts het trofeë in die onderskeie afdelings gewen:
Li-Mei Coetzee: • o.14 dogter 10m hoogste telling vir die jaar • o.14 Noordwes skut van die jaar
Kaylene du Plessis: • o.14 hoogste telling vir die jaar in lê-dissipline
Nadine Nel: • o.21 hoogste telling vir die jaar in lê-dissipline
Shani Nel: • o.16 hoogste telling vir die jaar in lê-dissipline • o.16 hoogste telling vir die jaar in kniel-dissipline • o.16 dogter 10m hoogste telling vir die jaar • o.16 Noordwes skut van die jaar



