SportSport

Luiperds se jong troepe gee OP ‘n 91-6 loesing

Die Luiperds het die wedstryd oorheers en veertien drieë gedruk.

Die Luiperds se o.20 span het Vrydag, 3 September vir ‘n slagting op Olënpark gesorg toe hulle vir die Oostelike Provinsie (OP) met 91-6 verwoes het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die Luiperds het die wedstryd oorheers en veertien drieë gedruk. Die vleuel, Elzandro Fredericks, buitersenter, Gerhard Ackerman, binnesenter, Theuns Pretorius, en heelagter, Luan van der Walt het almal twee drieë elke ingepalm.

Die Luiperds is nou derde op die punteleer en steeds onoorwonne na drie wedstryde. Hannes Esterhuizen se troepe speel volgende teen die Blou Bulle op Loftus op Vrydag, 17 September.

Punte:

Luiperds: 91

Drieë: Elzandro Fredericks (2), Franco du Plessis, Petrus Naudé, Gerhard Ackerman (2), Theuns Pretorius (2), Marvelous Mashimbye, Luan van der Walt (2), Vernon Paulo, Strafdrie.

Doelskoppe: Martin Venter (12)

Strafskop: Venter

OP: 6

Strafskoppe: Monre De Ridder (2)

Related Articles

 
Back to top button