SportSport

Prinsloo lei Volkies se eerstes na oorwinning met die kolf

Volkies se Corné Prinsloo het gewys dat hy die deursettingsvermoë het om sy span onder druk te laat presteer met ‘n onoorwonne 85 (109).

Skoletrots en ligapunte was op die spel hierdie afgelope Sondag, 5 September toe Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste en o.15A krieketspanne vir Potchefstroom Gimnasium geklop het.

Wat die oorwinning vir Volkies nog lekkerder maak, is dat hulle dit op Gimmies se tuisvelde kon regkry. Die eerstespan wedstryd op die Gimmie Oval het Volkies met 4 paaltjies gewen.

Martin Bullock het met 2/33 vir Gimmies goeie boulwerk gelewer.
Corné Prinsloo het Sondag, 5 September ‘n fantastiese 85* (109) vir Volkies se o.19A span aangeteken om Volkies na ‘n 4 paaltjie oorwinning teen Gimmies te lei. Foto’s: Francois Smit

Volkies se Corné Prinsloo het gewys dat hy die deursettingsvermoë het om sy span onder druk te laat presteer met ‘n onoorwonne 85 (109). Gimmies is almal vir 192 uitgeboul, met net Martin van Onselen se 77 (49) wat Volkies se boulers laat sweet het. Corné Nel (2/33) en Stephan Fourie (3/16) was die swart pette se top boulers in ‘n algehele goeie boulvertoning.

Volkskool het in hulle lopiejaagtog (196/6) nie ’n maklike tyd gehad nie en was op ‘n stadium onder druk met die telling op 138/5. Martin Bullock met 2/33 was met sy draaiballe een van Gimmies se gevaarmanne, terwyl Reinhardt Röntgen (2/43) ook op kritieke tye paaltjies geneem het. Hulle kon net nie vir Prinsloo stuit nie en sy ankerbeurt was genoeg om Volkies sukses te laat proe.

Niel Jansen van Vuuren speel ‘n dryfhou.

Prinsloo het na die wedstryd genoem dat dit ’n beurt was wat hy baie geniet het en vir altyd sal onthou, omdat hy kalm kon bly en sy opponente kon frustreer, aangesien hy sy paaltjie tot die einde behou het.

“Die wedstryd het baie herinneringe teruggebring wat skolekrieket ongelooflik maak, net die passie waarmee albei spanne speel om die skool trots te maak, bly spesiaal. “Ek dink ons het kalm gebly in die situasies waar dit meer nodig was. Byvoorbeeld aan die einde toe ons ‘n paar paaltjies verloor het, kon ons net sowel vinnig 2 of 3 meer verloor het, maar ons het darem gewys dat ons onder druk kan kalm bly,” meen Prinsloo.

“Ek het om krieket vir Volkies te speel ongelooflik baie gemis. Dit sal vir ewig een van my gunsteling herinneringe van Volkies bly. “Die geleenthede wat vir ons geskep word beteken vir my baie. “Ons speel so baie krieket, wat help dat ons heeltyd kan verbeter,“ noem Prinsloo.

*In die o.15A wedstryd het Volkies vir Gimmies gemaklik met 8 paaltjies geklop. Gimmies is vir 133 uitgeboul, met Volkies wat die telling verbysteek in slegs 28.2 boulbeurte met die telling op 139/2. Die aanvangskolwer, Louis van Wyk moker ’n onoorwonne 63, terwyl Attie Liebenberg (4/41 in 10) en Diaan van der Merwe (2/21 in 7) Gimmies se kolwers laat sneuwel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button