Gerhard Steenekamp met die Curriebeker na die Blou Bulle se 44-10 oorwinning teen die Sharks op Loftus Versfeld. Foto: Bertus le Roux.
Gerhard Steenekamp is stelselmatig besig om sy reputasie as een van die land se top stutte te versterk met nog ‘n puik seisoen in die Blou Bul trui.
Die voormalige Potchefstroom Gimnasium leerder en eerstespan rugbykaptein (klas van 2015) het gister (11 September) tydens die 2021 Curriebekerfinaal ‘n groot rol op die veld in die Blou Bulle se 44-10 oorwinning teen die Sharks.
Steenekamp (23) was deel van die beginspan op loskopstut en het homself goed van sy taak gekwyt in die Blou Bulle se verwoestende oorwinning.
In 2020 was Steenekamp nie in die begin 23 vir die eindstryd nie en vanjaar het hy die geleentheid gehad om in sy eerste Curriebeker-finaal op die veld te draf.
Gerhard Steenekamp met die Curriebeker na die Blou Bulle se 44-10 oorwinning teen die Sharks op Loftus Versfeld. Foto: Bertus le Roux.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.