
Laerskool Baillie Park se opwindende T10-kriekettoernooi het vandag (24 September) om 08:00 al begin met ‘n wedstryd tussen Baillies (‘n span wat uit Baillie Park se personeel bestaan) en Super Cast. Spanne van agt spelers speel 10-beurt wedstryde.
Hierdie aksie op Baillie Park se krieketvelde is maar een van agt wedstryde wat vandag gaan plaasvind.
Foto’s: Wouter Pienaar
Die eindstryd vind Saterdag, 25 September plaas. 
12 spanne in vier poele ding mee vanjaar om as die eerste kampioen in hierdie kompetisie se geskiedenis gekroon te word. Vanmiddag is daar ook ‘n lekker groot “Volkie-Gimmie” T10 stryd tussen oud spelers wat om 17:00 gaan begin.
.


















