SportSport

Luiperds o.20 verbrou groot voorsprong teen Leeus op Olënpark

Die Luiperds moes sien hoe die moontlike oorwinning uit hulle kloue geruk word met die Leeus wat met ‘n puik tweede helfte vertoning ‘n 34-32 oorwinning behaal.

Die Luiperds o.20 het gister teen die Leeus o.20 in die SA o.20 bekerwedstryd op Olënpark amper ‘n sege behaal nadat hulle 25-7 voor was met half-tyd.

Die Luiperds moes wel sien hoe die moontlike oorwinning uit hulle kloue geruk word met die Leeus wat met ‘n puik tweede helfte vertoning ‘n 34-32 oorwinning behaal. 

Hannes Esterhuizen se span sal terugkyk na verbroude geleenthede in ‘n wedstryd wat so maklik na die Luiperds se kant toe kon gaan. Die Luiperds het die wedstryd fantasties begin en ‘n 18-0 voorsprong na 25 minute geneem.

Janko Cloete, Jakkie Eloff en Chyle van Zyl het vir die Luiperds in die eerste helfte gedruk. Die haker en kaptein, Vernon Paulo het die laaste sê gehad met ‘n drie in die doodsnikke om sy span twee kosbare bonuspunte te gee.

Die Leeus is nou onoorwonne tweede op die punteleer met 22 punte. Die Luiperds is op 14 punte en moet die komende wedstryd op 8 Oktober teen die Haaie in Durban wen om ‘n plek in die halfeindstryd te bespreek.  

Foto’s: Mario van de Wall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button