Twee Ferdies het die naweek van 11 September deelgeneem aan die Noordwes twee- en driekampliga en beide van hulle het as die wenner in hulle ouderdomsgroep weggestap.

Isak Hitge, ‘n graad 9-leerder van Ferdinand Postma Hoërskool, is algeheel derde en eerste in sy ouderdomsgroep met die Duathlon Sprint. Hy moes 5 km hardloop, toe 20 km fietsry en daarna weer 2.5 km hardloop. Hy het die wedloop in ‘n indrukwekkende 1 uur en 17 minute voltooi.

Marnus Meintjies, Ferdies se voormalige hoofseun, kon tussendeur sy rekordeksamenvoorbereiding steeds tyd neem om deel te neem aan die driekamp (Triathlon), waar hy ook eerste in sy ouderdomsgroep geëindig het. Hy moes 750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop.



