SportSport

Crew312 laat sand spat met nuwe CR6

Die gedugte plaaslike span van Crew312, Dewald van Breda (bestuurder) en Johann du Toit (navigeerder) het die afgelope naweek (1-2 Oktober) by die 4x4 Megaworld 400 by Nampo die stof behoorlik laat trek.

Die gedugte plaaslike span van Crew312, Dewald van Breda (bestuurder) en Johann du Toit (navigeerder) het die afgelope naweek (1-2 Oktober) by die 4×4 Megaworld 400 by Nampo die stof behoorlik laat trek.

Tydens hierdie 4de en 5de rondtes van die SACCS (South African Cross Country Series) wedren het Crew312 ‘n top 10 plek behaal teen ‘n paar gedugte teenstanders soos Giniel de Villiers, Bryan Baragwanath en Henk Lategan onder andere.

Foto: Johann du Toit

“Elke dag was ‘n uitmergelende 400km van sand, stof, stormreën en nog sand,” noem Du Toit wat saam met Van Breda hulle nuwe Century racing CR6 voetuig mooi ingewy het.

“Dit was inderdaad ‘n voorreg en die nuwe CR6 was uitstekend. Ons goal om in die top 10 te eindig is bewaarheid en uit die meer as 20 FIA inskrywings was dit inderdaad vir ons ‘n prestasie,” noem Van Breda.

Die volgende wedren op die kalender is 29-30 Oktober in Vryburg vir die Vryburg 400.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button