
Die altyd spoggerige NWU Top 30 atletiekbyeenkoms gaan weer die lig sien hierdie komende naweek (15-16 Oktober) by die McArthur atletiekstadion.
Dit is eerste keer sedert die Covid-19 pandemie uitgebreek het, dat die NWU Top 30 weer gaan plaasvind met talle top skoleatlete wat nie kan wag om die baanvaan die brand te hardloop en die veld behoorlik in te wy nie.
Die aksie begin al vroeg Vrydagoggend 11:00 met die seuns o.15 diskus-item. Teen 21:05 is die aflosse die laaste items op ‘n volgepakte atletiekdag.
Program:
Dag twee (Saterdag, 16 Oktober) begin die atlete alreeds om 07:00 woeker met hamergooi eerste op die spyskaart.
Die laaste item sal die seuns o.17 4x400m aflos weer teen so 14:45. Altwee dae beloof om uitstekende atletiek op te lewer met atlete wat honger vir kompetisie sal wees en om hulself teen die beste te toets.












