SportSport

NWU kanoklub behaal derde plek by USSA’s

Die NWU kanoklub het ʼn algehele derde plek behaal by die USSA (Universiteitesport Suid-Afrika) kampioenskappe vanjaar, wat tydens die Visrivier-kanomarathon op 8 en 9 Oktober beslis is.

Die NWU kanoklub het ʼn algehele derde plek behaal by die USSA (Universiteitesport Suid-Afrika) kampioenskappe vanjaar, wat tydens die Visrivier-kanomarathon op 8 en 9 Oktober beslis is.

Lindy Odendaal en Annette van Heerde navigeer Keith’s Flyover – die grootste stroomversnelling op die resies.

Vir die damesspan het Annette van Heerden en Lindy Odendaal ʼn derde plek behaal en onder die mans het die NWU ʼn vierde plek behaal. Dit lewer ʼn gesamentlike derde plek vir die NWU, agter Varsity College en Maties.

Die spanne van Rhodes, Tuks en Ikeys het plekke 4-6 opgemaak. Al die lede van die NWU Kanoklub het die resies suksesvol voltooi met Esmarie van Heerden en Henk Louw wat ook die halfmarathon voltooi het as die 5de K2 (tweemankajak) om die eindstreep oor te steek.

Die NWU-span het vir geen stroomversnelling teruggestaan nie en het alles “geskiet” eerder as om die minder avontuurlike opsie te volg en rondom die stroomversnelling te stap.

Die prestasie van die NWU Kanoklub is merkwaardig indien in ag geneem word dat die klub se oefenplek (Potchefstroom Dam) reeds sedert Maartmaand 2020 gesluit is vir die publiek en hier is ook geen vergelykbare witwater op riviere naby Potchefstroom nie.

Klublede se volgende groot uitdagings is ʼn reeks kanopolo-toernooie wat deur Gauteng-klubs aangebied word, asook voorbereiding vir die Dusi-kanomarathon in 2022.

Die Visrivier-kanomarathon vind jaarliks in Cradock plaas en strek oor sowat 82km van vinnig-vloeiende water met ʼn verskeidenheid stroomversnellings wat wissel vanaf maklik en rustig tot graad 3+. Uit die 336 bote wat die resies begin het, het slegs sowat 295 daarin geslaag om die resies te voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button