SportSport

Baillies kry blootstelling met dryfkompetisie by gholfdag

Vir die eerste keer in Baillie Park se geskiedenis kon die leerders ook aan die gholfdag deelneem met ‘n unieke kompetisie wat die gholfspeler en afrigter, Riaan Swart, aangebied het.

Laerskool Baillie Park het Vrydag, 15 Oktober hul 22ste jaarlikse gholfdag aangebied met so ‘n ietsie ekstra wat dié gholfdag spesiaal gemaak het.

Vir die eerste keer in Baillie Park se geskiedenis kon die leerders ook aan die gholfdag deelneem met ‘n unieke kompetisie wat die gholfspeler en afrigter, Riaan Swart, aangebied het.

Kloksgewys van links is die onderskeie wenners in die dryfkompetisie by Laerskool Bailliepark se gholfdag. Liam Vermaak, Johannes Jansen van Rensburg, Lukas Kotzé, Megan Isherwood, Keila Tromp en Selmay Taylor. Foto’s: Verskaf

Kyk die video hier:

Leerders het aan ‘n verste dryf-kompetisie deelgeneem en gewys dat hulle al van jongs af die bal kan laat trek. Hierdie inisiatief gee jong kinders vir die eerste keer blootstelling aan gholf. Dit is ook ‘n manier om hulle van jongs af betrokke te kry en ‘n liefde vir die sport te leer.

Swart het sy studio-fasiliteit by die Buiteklub vir die doel beskikbaar gestel. Hy het ‘n simuleerder gebruik om die afstande te meet. Elke kind het vyf balle geslaan en die een wat die verste trek, word dan getel.

“Ek het die fasiliteit vir hulle geleen en dan ook die data opgevang. Ons wou graag aan die kinders die blootstelling gee,” verduidelik Swart.

Hier is die wenners van die dag:

Seuns:

o.9 Liam Vermaak: 105,8m

o.11 Johannes Jansen van Rensburg: 161m

o.13 Lukas Kotzé: 184m

Dogters:

o.9 Selmay Taylor: 31,2m

o.11 Keila Tromp: 64,3m

o.13 Megan Isherwood: 89,5m

Buiten die leerders se kompetisie, was daar soos gewoonlik groot pret en baie pryse op die spel vir die volwasse spelers op hierdie gholfdag wat in die snikhete son plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button