SportSport

Hede meet kragte teen verlede op Gimmies Oval

Gimmies se Old Boys kolf eerste en teken 222 almal uit aan. Pierre Botma (klas van 2016) teken die hoogste telling met 52 (31) aan.

Gimmies se oud-krieketspelers het die afgelope Saterdag hulle kolwe afgestof in ‘n 50-beurt vriendskaplike wedstryd teen Gimmies se huidige eerste krieketspan.

In hierdie stryd tussen verlede en hede, het die hede die oorwinning met twee paaltjies in ‘n kompeterende stryd behaal.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies se Old Boys kolf eerste en teken 222 almal uit aan. Pierre Botma (klas van 2016) teken die hoogste telling met 52 (31) aan. Louis Fourie slaan ook 49 voor hy uitgehardloop word.

Johan Mahne (4/31) is Gimmies se eerstespan se top bouler. Die eerste span kolwers, Martin van Onselen (39) en Martin Bullock (42) teken die meeste lopies aan in ‘n gesamentlike spanpoging om die wenlopies te bereik.

Vir die Old Boys neem Botma (2/51) en Fraser Duvenhage (2/68). Gimmies se eerstespan afrigter, Wian Lubbe (1/47) draai ook die klok terug. Die wedstryd is in goeie gees gespeel en bewys ook watter sterk band oud-Gimmies nog met die skool het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button