SportSport

Pa en seun wen silwer by SA Tweekampkampioenskappe

Dit is beslis aartjie na sy vaartjie as ‘n mens na Cor Leijenaar en sy seun Rico, kyk. Die trotse pa en seun het albei met silwermedaljes vir Noordwes weggestap tydens die 2021 SA Tweekampkampioenskappe wat Saterdag, 30 Oktober in Port Elizabeth (Gqeberha) gehou is. Cor en Rico, wat by Potchefstroom Gimnasium skoolgaan, is albei …

Dit is beslis aartjie na sy vaartjie as ‘n mens na Cor Leijenaar en sy seun Rico, kyk.

Die trotse pa en seun het albei met silwermedaljes vir Noordwes weggestap tydens die 2021 SA Tweekampkampioenskappe wat Saterdag, 30 Oktober in Port Elizabeth (Gqeberha) gehou is.

Rico Leijenaar

Cor en Rico, wat by Potchefstroom Gimnasium skoolgaan, is albei ywerige atlete in hierdie sportsoort. Hulle het hul staal gewys tydens hierdie kompeterende nasionale byeenkoms.

Cor Leijenaar.

Albei het aan die Sprint Race deelgeneem wat uit ‘n 5 km draf, 20 km fietsry en weer 2.5 km draf bestaan. Cor het in die 50-54 jaar ouderdomskategorie deelgeneem en Rico in die 16-19 jaar kategorie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button