SportSport

Potch se bergfietsrypaartjie proe albei Ride Joburg 947 sukses

Strydom (Insect Science Mountain Biking) het die 50km wedren vir senior vroue in ‘n tyd van 02:07:53 voltooi. Du Toit (Pyga Eurosteel) wen die 50km senior mans-wedren in ‘n tyd van 01:47:22 met Marc Pritzen ‘n kortkop agter hom in 01:47:24.

Die bergfietsrypaartjie, Danielle Strydom en Pieter du Toit, het Potchefstroom se naam die afgelope Sondag, 14 November in die gesogte Ride Joburg 947 bergfietswedren hoog gehou waar hulle albei die algehele eerste plekke in hulle onderskeie kategorieë behaal het.

Strydom (Insect Science Mountain Biking) het die 50km wedren vir senior vroue in ‘n tyd van 02:07:53 voltooi. Haar naaste teenstanders was Yolandi Swanepoel in die tweede plek (02:10:12) en Theresa Ralph (02:11:06).

Du Toit (Pyga Eurosteel) wen die 50km senior mans-wedren in ‘n tyd van 01:47:22 met Marc Pritzen ‘n kortkop agter hom in 01:47:24.

Beide Du Toit en Pritzen was in ‘n groot stryd gewikkel, met Du Toit wat die eindstreep ‘n paar meter voor sy opponent gehaal het.

Danielle Strydom en Pieter du Toit het die afgelope Sondag, 14 November albei in die vroue- en mans-kategorieë die 947 Ride Joburg bergfietswedren gewen. Foto: Verskaf

“Die wedren was baie lekker binne die Steyn City Estate, so daar was ook ‘n paar tegniese dele en single track. Dit is lekker om die 94.7 vir die tweede jaar in ‘n ry te wen en dit is altyd lekker as Danielle ook ‘n wen inkry en ons saam wedrenne kan wen. Dit voel goed om my titel te kon verdedig,” noem Du Toit.

Volgens Strydom kon sy haar seisoen met hierdie wen, nie op ‘n beter manier afgesluit het nie.

“Dit is ‘n baie bekende wedren so om dan goed te doen is dit nog beter, dis soos iets om op jou CV te sit. Dit was ‘n taai resies en baie hard. Steyn City is ‘n baie mooi plek met ‘n uitstekende roete wat bietjie tegnies was en my gepas het,” noem sy.

“Ek het nie geweet wat om te verwag nie en het ook geweet dat ek sterk kompetisie het. Yolandi en Theresa is albei twee sterk ryers, maar ek het vasgebyt al was ek moeg na ‘n lang seisoen. Ek kon nie vir ‘n beter uitslag gevra het nie,” noem Strydom.

“Die kersie op die koek was dat ek die blydskap saam met Pieter kon deel met die dat ons albei die Ride Joburg 94.7 vanjaar kon wen. Dit voel of ek dan twee keer gewen het!,” noem sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button