SportSport

Bert’s Bricks vereer atlete vir kilo’s op die voete

Mariette Koen het ‘n totaal van 1217 kilometers afgelê en kry ‘n silwer medalje en die trofee vir die dame met die meeste kilometers in Klub 500.

Bert’s Bricks Atletiekklub het onlangs hulle jaareindfunksie gehou waar hulle die toppresteerders met die meeste kilo’s vanjaar op hulle voete, vereer het.

Mariette Koen het ‘n totaal van 1217 kilometers afgelê en kry ‘n silwer medalje en die trofee vir die dame met die meeste kilometers in Klub 500.

Isabella Jansen wen die trofee vir die stapper met die meeste kilo’s met ‘n totaal van 1174.3 kilometer.

Julie Conradie kry ‘n ‘dogtag’ vir haar 587.8 kilometers, terwyl Morne Jansen, 561 kilometers, die trofee vir die man met die meeste kilo’s (Klub 500) kry.

Klaudia Angula behaal ‘n bronsmedalje vir haar 550.4 kilometers en Mari van Heerden kry ‘n ‘dogtag’ vir haar 502.4 kilometers vanjaar.

Mari van Heerden (Klub 500) en Zelma Olivier (Klub 1000) het albei toekennings ontvang. Foto: Verskaf

Zelma Olivier behaal ‘n totaal van 1011 kilometers om haar ‘dogtag’ vir die agtste jaar te ontvang. Sy kry ook die trofee vir die dame met die meeste kilometers in Klub 1000. Berts Bricks Atletiekklub se klublede is ook hard aan die oefen vir die Great Brick Run wat op 22 Januarie plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button