Op ‘n renerige Saterdag (27 November) het van die Potchefstroomse bergfietsryers hulle staal gewys tydens die Noordwes XCO Bergfietskampioenskappe by Bergheim, net buite Rustenburg.
Rico Leijenaar van Gimmies wen die Jeug mans wedren in ‘n tyd van 51:30. Volkies se Ansuné Fourie behaal ‘n derde plek in die junior vroue kategorie in ‘n tyd van 01:14:14. Zanri Grobbelaar wys ook waartoe sy in staat is met ‘n tweede plek in die jeug vroue wedren in ‘n tyd van 52:59. In die junior manswedren kom Volkies se Johan Malherbe in die 5de plek en Christiaan Brits behaal die 7de posisie.

In die sub-junior kategorie kom MJ Potgieter van Laerskool Mooirivier in die vierde plek met ‘n tyd van 50:56. Laerskool Baillie Park se jong fietsryers wys ook van vroeg af hulle talent.
Henrey Jacobs (eerste), en Ignu Cordier (derde) behaal sukses in die nipper kategorie (o.8-o.10). Lian Louw (eerste), Janco Stemmet (tweede) behaal ook fantastiese uitslae in die sprogs kategorie. Ilné du Preez van Baillies behaal ook ‘n tweede plek in die sub-jeug kategorie.
M.L. Fick se Migham Smith behaal ‘n 5de plek in die sprogs kategorie. Herman Mare behaal ‘n goeie derde plek in die o.23 kategorie in moeilike omstandighede in ‘n tyd van 32:29.









