SportSport

Voormalige Gimmie krieketster hou sy naam in die Proteas hoed na goeie SA A vertoning

Wat in Jansen se guns tel, is dat hy ook met die kolf ekstra diepte bied en variasie verleen met sy linkerarm snelboulwerk. 

Die voormalige Potch Gimmie veelsydige speler, Marco Jansen, het die afgelope week weer sy hand opgesteek vir Proteas aanmerking na ‘n goeie vertoning teen Indië A vir die SA A span in Bloemfontein.

In die onbesliste 4-dag wedstryd het Jansen ‘n goed georganiseerde, 70* van 123 balle geslaan en gewys dat hy in die lae middelorde ‘n verskil met die kolf kan maak.

Sy 70 nie uit nie, was ook die hoogtste telling in SA A se totaal van 297 almal uit. Met die bal in sy hand, het hy ook bewys dat sy lengte en wip van die kolfblad, kolwers in die moeilikheid kan bring en behaal syfers van 3/44 in 15 boulbeurte in Indië se eerste kolfbeurt waar 276 almal uit aanteken.

Jansen se linkerarm snelboulwerk tesame met sy kolfwerk kan tot groot aanwins wees vir die Proteas, indien hy gekies word eendag.

Die spasie vir plek in die Proteas toetsspan is ook relatief beperk met baie snelboulers wat vanjaar hulle staal wys soos Duanne Olivier, Anrich Nortje, Lutho Sipamla asook Glenton Stuurman.

Wat in Jansen se guns tel, is dat hy ook met die kolf ekstra diepte bied en variasie verleen met sy linkerarm snelboulwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button