Die plaaslike Dr. Kenneth Kaunda-distrik se o.21 netbalspan wat uit van die top netbalspelers in Potch bestaan, het alle teenstanders oorrompel om as die 2021 SA netbalkampioene gekroon te word.
Die Dr. KK o.21-span het by die SA Netbalkampioenskappe in Bellville vanaf 6-11 Desember puik netbal gespeel onder leiding van kaptein Elmeré van der Berg en afrigter, Elsunet du Plessis. Die eindstryd het hulle gemaklik met 73-44 teen Tshwane gewen.

Daar was beslis ‘n groot NWU aanslag in hierdie span met beide afrigter en klomp spelers wat vanjaar Varsity Netbal gespeel het.
“Die spelers het as ‘n span gespeel met elke wedstryd. Elke speler wat op die baan gegaan het, het hul hart uitgespeel en hul werk gedoen. Ek is baie trots op hulle. En dit was verseker ‘n 12-speler oorwinning,” noem Du Plessis.

Die Dr. KK Senior B-span het ook hulle afdeling gewen.
Hier is die uitslae van die Dr. KK o.21 span:
Wedstryd 1: Ethekwini 55-37
Wedstryd 2: Cape Town 83-29
Wedstryd 3: Johannesburg 70-47
Wedstryd 4: Tshwane 69-47
Wedstryd 5: NMB (Nelson Mandelabaai) 59-28
Semi-finaal: Ethekwini 61-31
Finaal: Tshwane 73-44
Die span is as volg: Elmeré van der Berg, Danielle Malan, Ilke van der Linde, Lucy Strydom, Londeka Buthelezi, Michelle Geduld, Kaliah Ferreira, Kega Mashilo, Keke Molotsi, Chelize Swart, Caitlin du Plessis, Martiné Jordaan.



