SportSport

Gimmies en Volkies gereed vir Kaapse Krieketfees

Twee van Potchefstroom se top krieketskole, Potchefstroom Gimnasium en Volkskool Potchefstroom gaan hierdie komende naweek van 7-10 Januarie teen van die beste krieketskole in die land deelneem.

Twee van Potchefstroom se top krieketskole, Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom gaan hierdie komende naweek van 7-10 Januarie teen van die beste krieketskole in die land deelneem.

Die alombekende HJS Krieketfees (Hoër Jongenskool Paarl) gaan ‘n goeie toets vir beide skole se o.15 en o.19 spanne wees.

Corné Prinsloo, kaptein van Noordwes en Volkies in aksie met die bal. Foto: Mario van de Wall.

24 skole (42 spanne) gaan aan hierdie kriekettoernooi deelneem en sluit bekende skole soos Paarl Gimnasium, Westville Boys High, Grey Kollege en Hoërskool Garsfontein, onder andere in.

Volkies se o.19 span gaan teen Paarl Gimnasium op dag 1 te staan kom, terwyl Potch Gimmies teen Somerset Kollege sal kragte meet.

Gimmies se o.19 krieketspan op pad na die HJS Krieketfees in die Paarl. Foto: Potchefstroom Gimnasium/Facebook.

Hier is die o.15 en o.19 spanne van Volkies en Gimnasium wat aan hierdie krieketfees gaan deelneem:

Potchefstroom Gimnasium – o.19

Martin van Onselen, Martin Bullock, Ruan Lotz, Christiaan Turkstra, Jonathan Eybers, Tommie Botha, Johan Mahne, Conrad Jordaan, Wian Herbst, Marnu Cronje, Christiaan Viljoen, Marko Werkman, Reinhardt Rontgen.

Potchefstroom Gimnasium – o.15

Bennet Keet, Juandré Barends, Divan van Eldik, Righardt Joubert, Benjamin van Wyk, Nico Jordaan, Jahndré Coetzee, Quintis Coetzee, Hanlu du Plessis, Reon Grobler, De Wet Grobler, Nicholas Dreyer, Henlo Cronje.

Potch Volkskool – o.19

Corné Prinsloo, Ludwich Schuld, Corné Nel, John van Wyk, Attie Liebenberg, Lunga May, Janco Moolman, Diaan van der Merwe, Dian Liebenberg, Kobus Pienaar, Christiaan Smit, Christo Rose, JM Visser.

Potch Volkskool – o.15

Ruan Smit, Themba Sontjane, Sias Groenewald, Zander Kok, Louis Fourie, Eduan van der Merwe, Olefa Padi, Schalk Pienaar, Christoff Nel, Nolan Roets, Louis van Wyk, Handré de Beer, André Dreyer.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button