SportSport

Weerlig slaan Luiperds se bus voor wedstryd

Die Luiperds speel Dinsdagmiddag (24 Mei) om 15:00 teen die Griffons. 

Die Luiperds sou Saterdagmiddag (21 Mei) teen die Griffons op Welkom te staan gekom het.

Die weer het ander planne vir die wedstryd gehad. Voor die wedstryd is die span se bus deur die weerlig raak geslaan. Volgens Eugene Fourie, hoofuitvoerende beampte van die unie, was die spelers op die bus, maar gelukkig is niemand beseer nie.

Die afskop is eers vertraag, waarna die skeidsregter besluit het om die wedstryd uit te stel as gevolg van die weer.

Die Luiperds speel Dinsdagmiddag (24 Mei) om 15:00 teen die Griffons.

Volgens André Pretorius, hoofafrigter van die Luiperds, weet hy dit gaan ‘n taai stryd wees.

“Ons is onder geen wanindruk nie. Hulle speel nog om in die Premierafdeling van die Curriebeker te kom. Ons het ‘n paar goedjies om aan onsself te bewys. Ons weet waar ons potensiaal is. Ek dink dit gaan ‘n goeie wedstryd wees, hulle is ‘n goeie span wat baie goed afgerig is. Ons gaan net op die dag moet opdaag en afrond,” het hy gesê.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button