SportSport

Die Clash is net anders

“Ek het die idee by die spelers probeer kweek dat ons hierdie wedstryd soos enige ander wedstryd moet benader. “Een van die spelers sê toe vir my, ‘maar coach, dit is mos net anders teen Volkies’,” vertel Garann Kriek,

“Ek het die idee by die spelers probeer kweek dat ons hierdie wedstryd soos enige ander wedstryd moet benader.
“Een van die spelers sê toe vir my, ‘maar coach, dit is mos net anders teen Volkies’,” vertel Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies se eerste rugbyspan.
Die twee hoofafrigters van Volkies en Gimmies, Garann Kriek vir die blou en Mighael de Beer vir die rooi, sit by die historiese Potchefstroom Dorp Rugbyklub. Dit is minder as ‘n week voor die groot Classic Clash tussen Volkies en Gimmies. Jong spelers wat by die klub oefen, kom groet hulle soos wat hulle vir oefening opdaag. Albei het al baie met rugbyspelers te doen gehad.
“Ons het twee kontrasterende style. As ons albei 30 minute het, sal ek vir 30 minute praat. Garann sal vir 30 minute drills doen,” lag De Beer.
Hulle kom oor die weg, is eintlik vriende, daar is geen vyandigheid nie. Liewer ‘n ysere wil om te wen.
“Die Clash is meer as net twee skole wat teen mekaar speel. Dit is iets vir die hele dorp. Ons speel vir die hele Suiddorp. Daar is mense wat ons wedstryde kom kyk wat nie eens kinders in die skool het nie,” verduidelik De Beer.
Dit is duidelik dat die dorp amper in twee gedeel word vir dié week. Die helfte van die Akkerlaan is met rooi en die ander helfte met blou lappe versier.
Selfs die mense wat by die Rugbyklub kom eet en drink het, het opinies oor die wedstryd.
“Ek dink Volkies het vanjaar so ‘n klein bietjie van ’n voordeel,” sê een van die manne by die klub.
“Ons het geld op die wedstryd, al die ou manne van Lichtenburg. Ons dink ook Volkies gaan hom vat,” vertel Bolla van der Merwe, voorsitter van Potch Dorp.
“Ek besef ons is die ‘underdog’. Die spelers wys nog elke wedstryd wat hulle gespeel het, baie veggees. Op die dag kan dit enige kant toe gaan. ‘n Bekerfinaal, ‘n wedstryd wat in die modder gespeel word en ‘n ‘derby’ is alles gelykmakers,” verduidelik Kriek.
Volkies het vroeër vanjaar teen Gimmies in die NWU Prestigereeks gespeel. Beide Kriek en De Beer sou waardevolle lesse uit dié wedstryd geleer het.
Daar is baie druk. Ondersteuners van albei kante verwag dat die afrigters en spanne op die dag moet wen.
“Die druk is groot, maar dit bly lekker, dit is iets wat jou gaan knak of jou gaan maak as ‘n afrigter. As jy hierdeur kan kom, gaan jy groei as ‘n afrigter. Die resultaat definieer jou nie as mens nie,” verduidelik De Beer.
Albei afrigters het planne om die ander een te uitoorlê en hoop sy planne werk op 28 Mei.
“Dit is die lekker deel van afrigting, wanneer jy planne maak, dit inoefen en sien hoe dit op die veld bymekaarkom,” sê Kriek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button