SportSport

Rolbal se Driespel eindrondtes bepaal

Noordwes se Tweebal Driespel-kampioenskap word 28 Mei op die bane van Potchefstroom Rolbalklub beslis wanneer vyf vroue- en agt mansspanne sake sal uitspook.

Noordwes se Tweebal Driespel-kampioenskap word 28 Mei op die bane van Potchefstroom Rolbalklub beslis wanneer vyf vroue- en agt mansspanne sake sal uitspook.
Die 13 spanne het almal verlede week hulle seksies gewen. Die kampioenskap het afgeskop met 21 vroue- en 24 mansspanne.
In die vroue-kompetisie het Potchefstroom Rolbalklub goed gevaar en het twee spanne in die finale uitspeel.
Die twee spanne is Rhonda Kallis, Eilien Theunissen en Natasha Kallis. Die ander span is Hannetjie Nieuwoudt en Jean en Marie du Toit.
Die ander spanne is Lafarge, Fochville en Klerksdorp. Die Potchefstroom Buiteklub (PCC) spog met drie spanne in die uitspele: Aldo van der Linde, Jannie en Janlu Myburgh is ‘n span. So ook Theuns Botha, Werner Hildebrand en Stuart Piketh.
Die derde PCC span is Johan Delport, Thinus van Zyl en Johandre Brits. Die ander Potchefstroom klub, Potchefstroom Dorp het twee spanne in die finaal: Gerrit en Wimpie van Rensburg en Dawie Barnard. Ronnie Palmer, Ian Nieuwoudt en Carl Smit is die tweede Potch Dorp span. Sannieshof, La Farge en Parys voltooi die veld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button