Die voormalige Volkie netbalspeler, Ine-Marí Venter, het die geleentheid om haar land trots te maak by die 2022 Statebondspele wat vanaf 28 Julie-8 Augustus gaan plaasvind.
Venter is een van vyf senters in die groep, wat Lenize Potgieter, Elmeré van der Berg, Lefebré Rademan en Nicholé Taljaard insluit.

Venter, wat doel en hulpdoel posisies speel, speel tans ook haar netbal in Engeland vir die Saracens Mavericks in die Vitality Netball Super League.
Venter is al sedert 2016 ‘n Protea netbalspeler en het ook in die vorige 2018 Statebondspele haar land in Australië verteenwoordig.
Hierdie talentvolle netbalspeler het in 2013 by Volkies gematrikuleer en alreeds in 2014 haar naam gemaak toe sy vir die SA o.19 span gekies is.
Sy het vanaf 2015-2018 vir Jenny van Dyk se Gauteng Jagaurs netbalspan gespeel en is daarna na Australië om haar netbal vir die Melbourne Vixens en Queensland Fireballs te speel.




