SportSport

Gimmies op koers om vir Noordvaal te kwalifiseer

Gimmies het Woensdag (15 Junie) die eerste tree geneem om vir die Noordvaal kompetisie te kwalifiseer. 

Gimmies het Woensdag (15 Junie) die eerste tree geneem om vir die Noordvaal kompetisie te kwalifiseer.

Dit nadat amper al hulle spanne met Bergsig afgereken het.

Die eersterugbyspan het ‘n goeie 24 -15 oorwinning behaal.

Volgens Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies, wys die telling nie hoe goed die span op die dag gespeel het nie.

“Ons het regtig goed gespeel, ‘n paar individuele foute het vir hulle punte op die bord gekry. Ons ouens het baie goed verdedig op tye, en was in staat om meer punte te kry. Ons het ‘n paar kanse op die veld gelos,” het Kriek gesê.

Die volgende toets vir die Potchefstromers sal teen Wagpos wees. Hierdie wedstryd word eers na die skoolvakansie op 23 Julie gespeel. As die verskeie spanne weer presteer, sal hulle dan uitspeel om vir die Noordvaal kompetisie te kwalifiseer.

Die ander uitslae van die wedtryde lyk soos volg:

o/14A wen 31 – 16

o/14B wen 39 – 0

o/15A wen 12 -7

o/16A wen 18 – 15

o/16B wen 15 – 12

Derdes verloor 7 – 5

Tweedes wen 31 – 5

Eerstes wen 24 – 15

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button