Een van Potchefstroom se belowendste en talentvolste bergfietsryers, Ernie Roets, is gekies om Suid-Afrika tydens die wêreld bergfietskampioenskappe in Frankryk te verteenwoordig.
Hierdie kampioenskappe gaan vanaf 24-28 Augustus in Les Gets plaasvind.

Ernie is tans 21ste in sy ouderdomsgroep in die wêreld en gaan op Donderdag, 25 Augustus aan hierdie groot wedren deelneem.

Hy gaan saam met mde Suid-Afrikaners, Justin Swanepoel (huidige SA kampioen), Massimiliano Ambrosi en Jordan Boshoff in die junior mans kategorie ry waar daar vir die wêreldtrui baklei sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



