Luister die berig hier:
Die JB Marks se mans en damesveerpyltjiespanne het by die afgelope SA Nasionale Veerpyltjie Kampioenskappe vanaf 4 – 8 Junie in Johannesburg puik prestasies behaal.

Beide spanne behaal tweede plekke (Silwer) in hul onderskeie blokke wat ‘n baie groot prestasie is.
Herman Van Der Westhuizen (Senior mans), Elizma Oosthuizen (Senior dames), Nell (Senior dames), Stephné Cockram (Meesters dames), San Marie Van Staden. (Meesters dames) Steven Verster en Snr. (Meesters Mans) het ook Noordwes tydens die SA kampioenskappe verteenwoordig.

Angie Kemp, Montez Prinsloo Jan Botha, Steven Verster Jnr en Willem Bekker verteenwoordig ook DKKD (Dr. Kenneth Kaunda Distrik) spanne.
Van der Westhuizen, ‘n voormalige Proteaspeler, gooi 5 x 180s, Willem Bekker 2x 180’s, Jan Botha 1x 180.
Vir enige belangstelling in die sport kan Herman Coetzer by 083 794 0641 of Jan Botha by 060 363 0719 gekontak word.




