SportSport

Mooirivier se krieketspelers maak geskiedenis met Super 12 toernooisege

Tokkies se o.11 span verower die tweede plek (silwer) en die o.13’s die derde plek (brons) om gesamentlik as die beste skool gekroon te word. 

Luister na die storie hier:

Laerskool Mooirivier se o.11 en o.13 krieketspanne was goud werd met kolf en bal toe hulle vir die eerste keer in geskiedenis die nasionale Super 12 krieketreeks gewen het.

Tokkies se o.11 span verower die tweede plek (silwer) en die o.13’s die derde plek (brons) om gesamentlik as die beste skool gekroon te word.

Hierdie is ‘n besonderse prestasie as ‘n mens kyk na die kompetisie wat teen Mooirivier kragte gemeet het. Dit sluit in top skole soos Menlopark, Hennopspark, Wierdapark, Rustenburg, Kruinsig en Kenmare, onder andere.

Met hierdie oorwinning het Mooirivier se kranige krieketspelers bewys dat daar beslis hope talent in die dorp is soos die lopies en paaltjies gevloei het.

Mnr. Edwin Warren se o.13 krieketspan het briljante uitslae behaal, voordat hulle in die half-eindstryd met 40 lopies teen Kenmare vasgeval het.

Die o.13 krieketseuns vat silwer by die 2022 Super 12 kriekettoernooiAgter VLNR: Christiaan Verster, Rehan Potgieter, Philip Botha, Durand du Plooy, Daniel van Romburgh, Ruhann Steenkamp, AW van der Merwe en Ruan van Wyk. Voor VLNR: Heinrich Raubenheimer, Ulrich Botha (Kaptein), Mnr. Edwin Warren (Hoofafrigter), Schalk Coetzee (Kaptein), Liam Coetzee.

Schalk Coetzee lewer ‘n treffende veelsydige vertoning met 12 paaltjies in die toernooi en twee vyftigtalle. Ulrich Botha slaan ook ‘n vyftigtal en neem 8 paaltjies. Durand du Plooy vat ook nege paaltjies.

“Laerskool Mooirivier se uitnemende skoolhoof, Meneer Jakkie, het kom ondersteun tydens die derde wedstryd teen Goedehoop en dit was net die motivering wat Tokkies nodig gehad het om vir Goedehoop te wys wat is ware Tokkie trots. Goedehoop kon slegs 43 lopies aanteken,” noem Warren.

Mnr. Jackie Golden se o.11 krieketspan het een stap verder gegaan en in die finaal met 6 paaltjies teen Kruinsig verloor.

Die o.11 Krieketseuns vat silwer by die 2022 Super 12 kriekettoernooi.Agter VLNR: Xavier Yssel, Victor Scheepers (O/Kaptein), Jean Liebenberg, Jaco Marais, Ethan Fourie, Christoff Raubenheimer, Juvan van Pletzen, Louis van der Linde. Voor VLNR: Juvan Botes (Kaptein), Du Toit Loubser, Mnr. Jackie Golden (Hoofafrigter), Willem Steyn en Christiaan du Plessis.

Van die uitblinkers vir Mooirivier se o.11 A-span is Jean Liebenberg met twee puik honderdtalle en Victor Scheepers met 3 fantastiese vyftigtalle.  In die boulafdeling skitter Juvan Botes, Jaco Marais en Juvan van Pletzen vir Tokkies.

“Laerskool Mooirivier (die o.13A en o.11A) vier regtig ‘n baie groot prestasie as algehele krieket Super 12 oorwinnaars van die hele toernooi,” meen Warren.

Uitslae:

Super 12 Krieket o.11

Maandag, 11 Julie

Mooirivier teen Tzaneen

MR kolf 1ste en maak 286/1 in 25 beurte.

Jean Liebenberg maak 137 in 78 balle.

Victor Scheepers maak 83n.u.n in 55 balle.

Tzaneen kolf 2de, maak slegs 88/10.

Juvan Botes boul 3 beurte, vir 4 lopies en neem 4 paaltjies.

Mooirivier wen met 198 lopies.

 

Mooirivier teen Randhart

MR kolf 1ste en maak 172/1 in 25 beurte.

Victor Scheepers maak 82n.u.n in 86 balle.

Randhart kolf 2de, maak slegs 107/10

Jaco Marais boul 4 beurte, vir 8 lopies en neem 3 paaltjies.

Mooirivier wen met 65 lopies.

  • Dinsdag, 12 Julie

Mooirivier teen Kenmare

MR kolf 1ste en maak 249/1 in 25 beurte.

Jean Liebenberg maak 103n.u.n in 75 balle.

Victor Scheepers maak 67 lopies in 42 balle.

Juvan Botes maak 48 lopies in 35 balle.

Kenmare kolf 2de, maak slegs 90/10

Jaco Marais boul 3 beurte vir 12 lopies en neem 4 paaltjies.

Jean Liebenberg boul 5 beurte, vir 20 lopies en neem 3 paaltjies.

Mooirivier wen met 159 lopies.

Mooirivier teen Wierdapark in die Semi-finaal

Wierdas kolf 1ste en maak 126/10

Juvan van Pletzen boul 2 beurte vir 13 lopies en neem 3 paaltjies.

Jaco Marais boul 4 beurte vir 18 lopies en neem 3 paaltjies.

Mooirivier kolf 2de, maak 129/1 in die 18de beurt.

Juvan van Pletzen maak 41 lopies in 26 balle.

Mooirivier wen met 9 paaltjies.

  • Woensdag, 13 Julie

Mooirivier teen Kruinsig in die Finaal

MR kolf 1ste en maak 157/9 in 30 beurte.

Jean Liebenberg maak 24 lopies in 33 balle.

Ethan Fourie maak 24 in 53 balle.

Kruinsig kolf 2de, maak 162/4 in die 18de beurt

Victor Scheepers boul 3 beurte, vir 14 lopies en neem 2 paaltjies.

Kruinsig wen met 6 paaltjies.

Mooirivier se o.11 Krieketseuns ontvang Silwer Medalje by Super 12 Krieket.

Super 12 Krieket o.13

  • Woensdag, 13 Julie

Mooirivier teen Helderkruin

Beste kolwers

Ulrich Botha, 52 Lopies

Durand du Plooy, 39 Lopies

Beste boulers

Schalk Coetzee: 5 beurte, 13 lopies en 2 paaltjies.

Ruhann Steenkamp: 6 beurte, 23 lopies en 2 paaltjies.

Ulrich Botha: 4 beurte, 7 lopies en 2 paaltjies.

Mooirivier wen met 37 lopies.

  • Donderdag 14 Julie

Mooirivier teen Vastrap

Beste kolwers

Schalk Coetzee, 59 Lopies

Beste boulers

Schalk Coetzee: 5 beurte, 11 lopies en 2 paaltjies.

Ruhann Steenkamp: 6 beurte, 31 lopies en 2 paaltjies.

Ulrich Botha: 4 beurte, 16 lopies en 2 paaltjies.

Mooirivier wen met 6 paaltjies.

Mooirivier teen Goedehoop

Beste kolwers

Schalk Coetzee, 16 Lopies

Ulrich Botha, 23 Lopies

Beste boulers

Schalk Coetzee: 6 beurte, 12 lopies en 4 paaltjies.

Ruhann Steenkamp: 6 beurte, 15 lopies en 2 paaltjies.

Durand du Plooy: 3 beurte, 7 lopies en 3 paaltjies.

Mooirivier wen met 10 paaltjies.

  • Vrydag, 15 Julie

Mooirivier teen Pietersburg-Oos.

Beste kolwers

Ulrich Botha, 29 Lopies

Schalk Coetzee, 29 Lopies

Beste boulers

Durand du Plooy: 4 beurte, 17 lopies en 4 paaltjies.

Ruhann Steenkamp: 4 beurte, 11 lopies en 3 paaltjies.

Schalk Coetzee: 6 beurte, 11 lopies en 2 paaltjies.

Mooirivier wen met 9 paaltjies.

  • Saterdag, 16 Julie

Mooirivier teen Kenmare in Semi-Finaal

Beste kolwers

Schalk Coetzee, 85 Lopies

Christiaan Verster, 36 Lopies

AW van der Merwe, 34 Lopies

Beste boulers

Durand du Plooy: 6 beurte, 47 lopies en 2 paaltjies.

Schalk Coetzee: 6 beurte, 27 lopies en 1 paaltjies.

Kenmare wen met 40 lopies.

Mooirivier teen Rustenburg in 3/4 Finaal

Beste kolwers

Ulrich Botha, 38 Lopies

AW van der Merwe, 29 Lopies

Beste boulers

Ulrich Botha: 6 beurte, 29 lopies en 4 paaltjies.

Schalk Coetzee: 6 beurte, 6 lopies en 1 paaltjies.

Mooirivier wen met 9 paaltjies.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button