SportSport

Van Zyl-sussies wen albei Super 8 enkelspeltitels

Albei hierdie tennisspelers is verbonde aan die NWU/Riaan Venter Tennisakademie.

Luister die storie hier:

Die twee Van Zyl tennis-sussies het weer hierdie afgelope maand in ‘n nasionale toernooi geskitter.

Mari-Louise van Zyl (16), ‘n Gimmie leerder wen die vrouetitel in die Gauteng Central Growthpoint Super 8-toernooi in Johannesburg. Die eerste gekeurde, Mari-Louise, kry die oorhand teen Ané Dannhauser met ‘n 6-2 6-3 sege. Haar sussie, Jahnie, doen dieselfde en wen ook die enkelspel titel in die o.16 dogters-afdeling. Wat hierdie oorwinning merkwaardig maak is dat Jahnie (13) nog ‘n laerskoolleerder in Mooirivier is.

Jahnie klop vir Allegra van der Walt 6-3, 6-1 in die eindstryd.

Albei hierdie tennisspelers is verbonde aan die NWU/Riaan Venter Tennisakademie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button