Treffende Tokkies vat tennistitel
Laerskool Mooirivier se oorwinningsbeker loop behoorlik oor met hulle eerste seuns en dogters tennisspanne wat as die Super 12 Tenniswenners aangewys is. Na puik prestasies op die krieket en hokkievelde het die tennisspelers in hulle voetspore gevolg en sommer ook hulle eie merk gemaak met ‘n algehele oorwinning. In die seuns-eindstryd wen Mooirivier vir Elarduspark …

Laerskool Mooirivier se oorwinningsbeker loop behoorlik oor met hulle eerste seuns en dogters tennisspanne wat as die Super 12 Tenniswenners aangewys is.
Na puik prestasies op die krieket en hokkievelde het die tennisspelers in hulle voetspore gevolg en sommer ook hulle eie merk gemaak met ‘n algehele oorwinning.

In die seuns-eindstryd wen Mooirivier vir Elarduspark met 27-7. In die dogtersfinaal wen Mooirivier vir Saamtrek met 22-5.
Hier die uitslae van die toernooi.
Uitslag: Seuns
Groepwedstryde:
Mooirivier klop Randhart 30 – 11
Mooirivier klop Hennopspark 38 – 3
Mooirivier klop Van Riebeeckpark 39 – 2
Mooirivier klop Middelburg 38 – 3
Semi-finale:
Mooirivier wen Pietersburg-Oos 21-19
Finaal:
Mooirivier wen Elarduspark 27-7
Uitslag: Dogters
Groepwedstryde:
Mooirivier klop Randhart 34 – 7
Mooirivier klop Hennopspark 39 – 2
Mooirivier klop Van Riebeeckpark 41 – 0
Mooirivier klop Middelburg 38 – 3
Semi-finale:
Mooirivier wen Wierdapark 23 – 4
Finaal:
Mooirivier wen Saamtrek 22 – 5