Die NWU se varsitybekerspan, hoofafrigter, André Pretorius is op pad Japan toe.
Pretorius het vandag (5 Augustus) ‘n 1-jaar kontrak by die Hino Red Dolphins geteken. Hy gaan dié span as onder andere vaardigheids- en skopafrigter bystaan.
Pretorius is die afgelope drie jaar, by die Varsitybeker en Luiperds as hoofafrigter ingespan.
In dié tyd kon hy die Eerstedivisie titel met die Luiperds wen. Die Varsitybekerspan het onder sy leiding ook een keer in die eindstryd van dié kompetisie gespeel.
Volgens Mervyn Taylor, president van die Luiperds en hoof van rugby by die NWU, is daar nog nie ‘n plaasvervanger vir Pretorius aangestel nie.
“Die nuwe afrigtingspan sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word,” het Taylor gesê.



