SportSport

Volkies speel weer teen Die Anker in halfeindstryd

Volkies se eersterugbyspan, het Saterdag (13 Augustus) naelskraap met 22 -20 teen Die Anker verloor. 

Volkies se eersterugbyspan, het Saterdag (13 Augustus) naelskraap met 22 -20 teen Die Anker verloor.

Hulle hierdie komende naweek om dinge reg te stel, wanner dit saak maak. Dié twee skole gaan mekaar in die Noordvaal halfeindstryd weer aanvat. Volkies is Saterdag, vinnig op die agtervoet deur ‘n baie, fisiese en konfronterende, Die Anker gesit. Twee vinnige drieë het die Potchefstromers met ‘n 14 – 0 agterstand gelaat.

Die Anker se eerste drie was teen die verloop van spel, met ‘n onderskep drie. Die tweede drie het die Rooi-truie geskarrel na ‘n lynbreek maar kon nie die Brakpanners keer nie. Alhoewel Volkies met ‘n 14 punt agterstand gaa nwater drink het, het hulle meeste van die speelwerk gedoen. Die wind het nie die Potchefstromers se taak makliker gemaak nie, met lynstaan ingooie wat baie in die sterk wind gesukkel het. Die tweede helfte was Volkies meer klinies, en het meeste van hulle kanse gebruik om punte aan te teken. Volkies het hulle opponente uiteindelik met vier drieë teen drie uitoorlê. Dit het neergekom op die skopskoen van beide spanne. Die Anker se skopper was bietjie beter op die dag om punte met die skoen te kry.

Volkies gaan klein verstellings aan hulle wedstryd moet maak om die naweek Die Anker te klop.

“Hulle is goeie span en groot manne. Ons het net uit tyd uit gehardloop,” het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, gesê.

Volkies se 0/14 A span het hulle wedstryd gewen en sal komende naweek in die Noordvaal halfeindstryd teen Hoërskool Pietersburg speel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button