SportSport

Kookwater Volkie-Gimmie krieketstryd wag

Volkies sal hulle tuisveldvoordeel wil gebruik teen ‘n Gimmie span wat alles in hulle vermoë sal doen om hul tradisionele teenstanders te klop.

Krieketliefhebbers se monde water reeds vir Saterdag se NW Skole krieketliga-stryd tussen Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium wat op Volkies se veld sal plaasvind.

Volkies sal hulle tuisveldvoordeel wil gebruik teen ‘n Gimmie span wat alles in hulle vermoë sal doen om hul tradisionele teenstanders te klop. Volkies speel vanjaar puik krieket met ‘n hele paar staatmakers op die veld wat die wedstryd in hulle guns kan swaai.

Foto’s: Wouter Pienaar

Ludwich Schuld, Corné Nel en hul kaptein, Corné Prinsloo is almal vuurwarm met die kolf. In Volkies se wedstryd teen Ikageng Hub die afgelope Saterdag het hulle ‘n allemintige 529/3 na 50 beurte aangeteken. Prinsloo slaan 190 (106), Schuld (189* van 106 balle) en Nel moker 65 (52). Ikageng Hub word gou vir net 49 uitgeboul.

Gimmies het ook al hierdie seisoen bewys dat hulle ‘n diep kolflys het en genoeg variasie om Volkies te laat sweet. Gimmies begin ook hulle seisoen verlede naweek met ‘n gemaklike 173 lopie oorwinning teen Matlosana Hub op die Gimmies Oval. Hulle staatmaker veelsydige speler, Johan Mahne slaan 98. Sy medeopeningskolwer, Tommie Botha teken ‘n fantastiese 109 aan. Gimmies kaptein en hotklou, Martin van Onselen moker 49 van net 15 balle.

Albei spanne se boulaanvalle bevat kwaliteit en veelsydigheid. Vir Volkies sal Prinsloo met akkuraatheid en swaai probleme skep. Die nuweling, Kobus Pienaar, bring ook variasie met sy linkerhandse snelballe, terwyl mede-snelbouler, Lunga May, ook gewoonlik in die paaltjies is. Hulle draaiers, Diaan van der Merwe, Dian Liebenberg en Christiaan Smit sal ook ‘n groot rol speel.

Vir Gimmies is Mahne hulle troefkaart met die nuwe bal, maar hulle kan ook steun op die draaier, Ruan Lotz wat gewoonlik vir paaltjies sorg. Verder kan Reinhardt Rontgen en Marnu Cronje (draaiers) en linkerarm spoed van Zavier van Rensburg ook Volkies se kolfaanval moeilikheid bring. Christiaan Viljoen se boulwerk sal ook vir afwisseling sorg.

Hierdie Volkie-Gimmie krieketstryd begin Saterdag, 27 Augustus om 09:30 op Volkies se A-krieketveld.

Volkies eerstespan
1. Divan Coetzee
2. Attie Liebenberg
3. Dian Liebenberg
4. Lunga May
5. Corne Nel
6. Kobus Pienaar
7. Corne Prinsloo (k)
8. Ludwich Schuld
9. Christiaan Smit
10. Diaan van der Merwe
11. John van Wyk
Gimmies eerstespan
1. Tommie Botha
2. Johan Mahne
3. Wian Herbst
4. Martin van Onselen (k)
5. Reinhardt Rontgen
6. Martin Bullock
7. Righardt Joubert
8. Zavier van Rensburg
9. Marnu Cronje
10. Ruan Lotz
11. Christian Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button