Vir die eerste keer in vyftien jaar is Gimmies se eerste dogterstennisspan die wenners van die Absolut Menlo-toernooi.
Gimmies het die top skole in die land vir ‘n kishou geslaan op Saterdag, 27 Augustus toe hulle hierdie gesogte toernooi verower het.

Mari-Louise van Zyl, een van die top tennisspelers in die land, het saam drie ander fantastiese Gimmie tennisspelers, Ilané Moolman, Nadia Gouws, en Alri Verster, die titel vir hulle skool ingepalm.
In die uitspeelrondes het die span groot skole soos Waterkloof, Oranje Meisies en Paarl Girls High uitgeskakel. In die semifinaal swig Curro Durbanville ook voor die tennis-tsunami vanuit Potchefstroom.
Ilané, Nadia, Mari-Louise en Alri het in die finaal teen Oranje Meisies gespeel en hulle geklop om Gimmies breed te laat glimlag.
Hier is die uitslae van die finaal:

Hierdie tennisspan het hulself beslis in die tennis-annale van Gimmies gespeel met hierdie puik vertoning.




