Vanoggend (Saterdag, 3 September) sing die speke kliphard by Volkies se bergfietsbaan tydens die derde byeenkoms van die NW XCO Skole Bergfietsreeks.
Beide die junior en jeug seuns het alreeds die baan betree en vir fantastiese kompetisie gesorg. Nie net moet hulle die baan se hindernisse kan bemeester nie, maar ook hulle opponente kan uitoorlê.
Foto’s: Wouter Pienaar
Thomas-Ross Patterson van KHS het die junior afdeling gewen en in ‘n tyd van 56:55 klaargemaak. Johan Malherbe is die eerste Volkie oor die lyn in vyfde plek. Hy gaan oor die eindstreep in 01:04:45.
Maak gerus ‘n draai vandag by Volkies om al die aksie op die baan te sien. Die dogters moet nog ry, sowel as die jonger laerskoolgroepe en hulle sal elke bietjie ondersteuning waardeer om die baan baas te raak.
Ingang is R 20.



































