
Die Luiperds se plattelandspan wat uit spelers van die verskeie klubs in die provinsie bestaan het Saterdag (3 September) in Randfontein, teen hulle Leeus eweknieë gewen.
Die Luiperds het 46 – 41 gewen dit nadat hulle op ‘n stadium, 41 -31 agter was. Dit is dié span, vol spelers van Potch Dorp, se tweede oorwinning vanjaar. Hulle het die Pumas se plattelandspan geklop waarna hulle die knie teen die Griffons se Amateurspan moes buig.
Die Luiperds het in ide laaste vier minute van die wedtryd twee drieë gedruk om die oorwinning te verseker. Mandla Ndlungwana, van Klerksdorp Rugbyklub het ‘n groot bydrae van die bank af gemaak.
Hulle volgende wedstryd is op Potch Dorp se velde,( 17 September)
Putemakers:



