SportSport

Baillies bergfietsryers blink uit by Volkies se NW kampioenskappe

By die sprogs seuns (11-12 jaar) is Henri Jonker van Baillie Park eerste in 28:57. Joshua Botha (Baillies) is derde in 29:37.

Die Noordwes XCO Bergfietsreeks was die afgelope Saterdag, 3 September, in volle swang op Hoër Volkskool Potchefstroom se bergfietsbaan met talle laer en hoërskole wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het.
Die baan het ‘n goeie taktiese uitdaging vir fietsryers gebied veral in die tegniese afdeling waar sekondes of opgemaak kon word of waar wedrenne verloor is.

Op hoërskoolvlak het Volkies se fietsryers hulself goed van hul taak gekwyt. ‘n Groot applous kan ook vir Laerskool Baillie Park se fietsryers gegee word wat in die laerskole afdeling gedomineer het.
In die sub-junior laerskole afdeling (13) vat Baillie Park al drie plekke op die podium. Reuben Jonker is eerste in 31:50, en James Hennelly derde in 32:00.

In die nipper seuns afdeling (9-10 jaar) is Baillie Park se Henrey Jacobs eerste in ‘n tyd van 19:35. JP Cromhout (Baillies) neem hier ‘n derde plek in ‘n tyd van 20:38.

By die nipper meisies (9-10 jaar) is Jua Jonker (Baillies) eerste oor die lyn in 22:48. Nog ‘n Baillie, Grizelda Janse van Rensburg, neem die silver (23:19).

Jua Jonker, Zandri Janse van Rensburg en Grizelda Janse van Rensburg.

In die sub-nipper kategorie (7-8 jaar) wys Jovan van Niekerk alreeds baie potensiaal met ‘n tweede plek in ‘n tyd van 07:50.

By die sprogs seuns (11-12 jaar) is Henri Jonker van Baillie Park eerste in 28:57. Joshua Botha (Baillies) is derde in 29:37.

Potchefstroom Gimnasium se MJ Potgieter is die oorwinaar in die sub-junior afdeling vir hoërskole. Hy gaan oor die eindstreep in 31:15.

Zanri Grobbelaar van Volkies wen die junior vroue afdeling (17-19 jaar) in ‘n tyd van 47:33. Sodoende klop sy vir Anneke van Rooyen (Wesvalia) en Mia van der Walt (Hoërskool Hartbeespoort) in ‘n geveg vir eerste plek.
Nog ‘n Volkie, Ilné du Preez, behaal ‘n derde plek in die sub-junior afdeling in ‘n tyd van 37:06.
In ‘n baie kompeterende Jeug (15-16 jaar) afdeling behaal Ferdies se Kevin Klaasen ‘n vyfde plek vir sy skool.

Foto’s: Wouter Pienaar

Klaasen eindig in 47:40 en is die eerste Potchefstromer oor die eindstreep in hierdie resies.

In die junior mans afdeling (17-19 jaar) verower Thomas Ross Patterson (KHS) die eerste plek in 56:55 voor Thinus Maritz (Wesvalia) in 59:03 en Wyatt Botes (KHS) in 59:26. Die eerste Volkie oor die streep is Johan Malherbe in die vyfde plek met ‘n tyd van 01:04:45.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button