
Potchefstroom Gimnasium se dogterskrieketspan speel tans briljante krieket in die NW-liga.
Hille het dit bewys met ‘n eensydige 9 paaltjie oorwinning teen Volkies. Hulle het Volkies se dogterskrieketspan vir slegs 37 lopies in 13.1 boulbeurte uitgeboul.
Gimmies behaal die teiken in slegs 7.1 boulbeurte.
In Gimmies se vorige wedstryd het hulle vir Ikageng Hub ook met 10 paaltjies verslaan.
Met NW Dragon’s vroue spelers soos Anica Swart en Elandri Janse van Rensburg in Gimmies se span is dit nie verbasend dat hulle dominerende wenkrieket speel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.