SportSport

Die Wilge se eerste krieketspan steeds onoorwonne sedert 2014

Die Wilge se ster was Bathabile Masigo wat 66 lopies aangeteken het en ook verstommende boulsyfers van 8 paaltjies vir slegs 11 lopies behaal het.

Die Wilge Hoërskool se eerste krieketspan het in die NW finaal vir LSOB skole vir Oom Paul Skool van Rustenburg met 149 lopies gewen om die titel te verower.

Die Wilge haal 188 in 30 beurte voordat hulle vir Oom Paul vir slegs 39 lopies uitboul.

Die Wilge se ster was Bathabile Masigo wat 66 lopies aangeteken het en ook verstommende boulsyfers van 8 paaltjies vir slegs 11 lopies behaal het.

In ‘n vorige kragmeting teen Keurhof i ndie liga slaan Bathabile ook 201 in ‘n 30 beurt wedstryd.

Bathabile Masigo was een van die sterre vir Die Wilge se krieketspan wat naam maak in Noordwes. Foto: Verskaf
Die Wilge se eerste krieketspan speel fantastiese krieket en is weer eens die NW-wenners. Foto: Verskaf

Van Die Wilge se top spelers gaan ook Noordwes verteenwoordig tydens die SA LSOB Krieketweek vanaf 2-6 Oktober in Kuilsrivier verteenwoordig.

Hulle is : Bathabile Masigo, Boeta Johnson, Amogelang Mokoto en Gontse Tshabadire.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button