SportSport

Gimmies en Volkies sal mekaar aanvat in NW krieket-eindstryde

Die eerste span wedstryd (o.19A) sal op die Gimmie-Oval gebeur terwyl die o.15A wedstryd by Volkies sal plaasvind.

Die krag van Noordwes Skolekrieket is vanjaar weer in Potchefstroom gesetel met beide o.19A en o.15A NW-liga eindstryde wat tussen Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium na die skoolvakansie moontlik in die vierdie kwartaal sal plaasvind.

Die kans is goed dat die finaal op Dinsdag, 18 Oktober sal plaasvind. Die eerste span wedstryd (o.19A) sal op die Gimmie-Oval gebeur terwyl die o.15A wedstryd by Volkies sal plaasvind.

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan sal die finaal teen Volkies tuis speel. Foto: Potchefstroom Gimnasium/Facebook.

Twee naweke gelede het die half-eindstryde plaasgevind wat vir groot krieketaksie gesorg het. Volkies se eerste span klop vir Hoërskool Lichtenburg met 72 lopies. Corné Nel se 95 (79) en Ludwich Schuld se 72 (70) stuur Volkies na oorwinning met die kolf terwyl linkerarm draaier, Diaan van der Merwe, sy goeie seisoen vootsit met 5/24. Die o.15A span klop vir Hoërskool Rustenburg met 5 paaltjies danksy ‘n puik boulvertoning van Schalk Pienaar (4/13) wat RHS tot 112 almal uit beperk. Volkies se Sias Groenewald lei sy span na die oorwinning met ‘n onoorwonne 30 lopies.

Gimmies se o.15 krieketspan het met ‘n 1 paaltjie oorwinning teen Wesvalia hulle plek in die 0.15A eindstryd teen Volkies bespreek.

Potchefstroom Gimnasium se eerste span dring deur na die finaal met ‘n oortuigende 8 paaltjie oorwinning teen Wesvalia.

Gimmies se boulers is te sterk vir Wesvalia en boul hulle vir slegs 67 uit. Martin Bullock (3/14), Johan Mahne (2/18) en Marnu Cronje (2/13) skitter vir Gimmies. Wian Herbst (28 van 30) en Tommie Botha (25 van 41) lei Gimmies na die oorwinning.

Die o.15A’s klop Wesvalia met een paaltjie in ‘n naelbytstryd in Klerksdorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button