Baillies Boogskiet se skuts het op Saterdag, 4 Februarie aan Wildcrete se AGA-SA 3Di Triple Crown boogskietkompetisie deelgeneem en puik prestasies behaal.
David Knoetze (10) wys dat hy weet waar om te mik met goud as beste junior seun. Hy het ‘n fantastiese telling van 251 behaal. Hy het ook die toekenning ontvang vir die algehele beste junior skut.
David Knoetze en Bendré Hendrikse
David Knoetze het geskitter op die baan. Foto’s: Verskaf.
Megan Hendrikse met haar toekennings.
Bendré Hendrikse (13) het weggestap met ‘n silwer medalje by die junior seuns met ‘n telling van 249.
Megan Hendrikse (8) het ‘n eerste plek ontvang in die meisies, gr. 2-3 ouderdomsgroep, bekend as die Welpies (Cubs), met ‘n telling van 256. Sy is ook aangewys as die algehele wenner onder die Welpies.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.