SportSport

Volkies se o.15A’s pak Waterkloof vir Finsbury A-liga trofee

Hulle kan verder geskiedenis maak deur die trofee ook huis toe te bring.

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan maak geskiedenis hierdie Saterdag (25 Februarie) wanneer hulle die eerste Noordwes-span is wat in die Finsbury A-liga eindstryd speel. Hulle kan verder geskiedenis maak deur die trofee ook huis toe te bring.

Dit gaan wel nie ‘n maklike taak wees teen een van die top spanne in die land nie, naamlik die o.15A span van Hoërskool Waterkloof.

Volkies reis na Pretoria vir hierdie finaal en sal nie noodwendig die gunstelinge wees nie, maar dit kan ook in hulle guns tel, aangesien hulle niks gaan hê om te verloor nie.

Anro Nel sal vir Volkies op die veld lei. Hy is ook een van sy span se staatmakers met die kolf saam met Schalk Pienaar en Olefa Padi. Pienaar is ook een van die uitblinkers met sy boulwerk in die Finsburyliga. Theunis Nel en Handré de Beer sal ook paaltjies wil laat kantel.

Volkies se enigste nederlaag vanjaar was teen Waterkloof in die eerste wedstryd van die Finsburyliga. Hulle het verder vir Hoërskool Menlopark met 103 lopies gewen en vir Hoërskool Nelspruit met 2 paaltjies geklop. Wedstryde teen Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Centurion het wel uitgereën.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button