
Potch Dorp skop hulle seisoen, Saterdag, 11 Maart, teen Westonaria in die Phillip van Rensburg uitdaagbeker af.
Dorp gaan diè beker wil teiken om hulle seisoen om hoogtepunt te begin. Hulle het goeie vordering in die voor seisoen gewys, waar hulle wedstryd na wedstryd, verder en verder gewen het.
Nou moet diè momentum na die liga gevat word.
Volgens Jo Smith, hoofafrigter van Potch Dorp, sien die span baie uit na die wdstryd wat voorlê.
“Dink ons het baie goeie voorbereiding gehad tot nou toe. Ons weet sommer dit gaan soos altyd ‘n harde wedstryd teen Westonaria wees. Ons sal hulle nie onderskat nie maar ek voel als is sover in plek vir die eerste wedstryd,” het Smith gesê.
Die wedstryd word op Olënpark se B-veld gespeel en skop om 12:35 af.



