SportSport

Volkies steier in ‘derby’

Dit het moeilik gegaan vir al Potch se spanne, behalwe die o.14s wat goeie oorwinnings behaal het.

Volkies het Saterdag, 4 Maart, in die jaarlikse ‘Volkies Derby’ teen Heidelberg Volkskool kragte gemeet.

Dit het moeilik gegaan vir al Potch se spanne, behalwe die o.14s wat goeie oorwinnings behaal het.

Volgens Chris Erasmus, Direkteur van Rugby, het die spelers se individuele vaardighede goed gelyk.

“Daar is nog baie werk, en dit gaan ‘n lang seisoen wees. Ons het besluit om hierdie wedstryd as ‘n tweede rondte proewe te gebruik nadat ons ‘n week van te vore, ons eerste proewe gehad het,” het Erasmus gesê.

Volkies se eerstespan moes 39 – 3 die knieg buig.

“Die spangees en dissipline was goed gewees, so dit is iets waaroor ons bly is. Die week wat verby is het ons almal baie hard gewerk, om verbetering te wys in ons eerste amptelike liga wedstryd,” het hy gesê.

Volkies speel komende Saterdag, 11 Maart, ‘n weg wedstryd teen Oosterlig in die PUK-reeks.

Volledige uitslae vir die Rugby is soos volg:

Eerstes: 39 -3
Tweedes: 20 – 0
Derdes: 14 – 0
o.16A: 22 – 14
o.16B: 22 -21
o.15A: 17 -0
o.15B: 24 -7
o.14A: 14 – 31
o.14B: 0 -25

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button